Wie is die leraars?

Eddie Le Roux

Ds Eddie Le Roux is getroud met Wanda. Hulle het 3 kinders en is ook deesdae trotse Oupa en Ouma van pragtige kleinkinders. Ds Eddie is 'n kranige atleet en baie vaardig met sy hande.
In die gemeente is Ds Eddie onder andere verantwoordelik vir die Getuienisbediening met alles wat onder dit resorteer, asook die Jeugbediening. Sy musiektalent maak hom ook van onskatbare waarde vir die Lof-en-aanbiddingspan.

Jurgens De Jager

Ds Jurgens De Jager is getroud met Isabelle. Hulle het 3 kinders en is ook trotse grootouers. Ds Jurgens se seun, JZ, het in sy pa se voetspore gevolg en ook predikant geword. Ds Jurgens het 'n besonderse voƫlkennis en het ook al menige Golfers op hulle neuse laat neerkyk.
In die gemeente is Ds Jurgens onder andere verantwoordelik vir die omgeegroepe, en ook vir bedieninge wat omsien na die versorging van lidmate soos DivorceCare en Griefshare. Hy is 'n formidabele netwerker en het kontak met gemeentes regoor die land.

Nati Stander

Ds Nati is getroud met Lindie. Hulle is die trotse ouers van 4 seuns! Hy hou van die buitelewe - hoe rowwer hoe beter - en is 'n groot vuurwapen-entoesias.
Die fokusveld van "Dissipelskap" is Nati se verantwoordelikheid in die gemeente. Daarom spandeer hy sy tyd aan dinge soos die Bybelskool, kursusse oor geloofsgroei en die voorbereiding en verryking van huwelike. Hy is ook verantwoordelik vir kommunikasie na die gemeente, en is die verteenwoordiger van die leraars.