Wie is die (historiese) Jesus?

  • 0

Wie is die (historiese) Jesus?

Tags :

Category : Gemeentebriewe

  • Is die Jesus waarin Christene glo, dieselfde Jesus wat regtig geleef het?
  • Of het die verhale rondom Jesus “stertjies” bygekry?
  • Is Jesus se wonderverhale nie dalk bietjie aangedik nie?

Kortom, is die Bybel betroubaar oor wat dit aangaande die historiese Jesus sê?

Dit is ‘n belangrike vraag!

Daar is heelwat mense vandag wat beweer dat die historiese Jesus baie minder noemenswaardig was, as wat die Bybel probeer te kenne gee.

Hulle beweer dat soos wat die tyd aangestap het, het die stories aangaande Jesus stertjies bygekry. Mettertyd het die historiese Jesus vervorm tot ‘n mitiese of legendariese figuur.

Wil jy hê jou geloof moet op ‘n mite gebaseer wees of op die waarheid?

Kom luister na die getuienis.

Maandag 17 September om 18:00 kom praat Dr Ross Hickling met ons oor die getuienis wat ons van die historiese Jesus besit, en of die Bybel betroubaar is.

Dr Hickling het studeer aan die bekroonde Biola universiteit in die VSA, en is tans besig met verdere doktorale studies aan NWU.

Wat gaan jy baat?

Hierdie aand gaan jou geloof stig en jou bemagtig om skeptici te beantwoord wat beweer dat Jesus niks meer is as ‘n feeverhaal nie.

Nooi gerus ook vriende wat twyfel. Die bedoeling is dat dit ‘n aand sal wees waar ons krities kan dink oor die getuienis op hande. Daar sal weereens ruim geleentheid vir vrae aan die einde wees.

 


Leave a Reply

Soek ‘n sleutelwoord:

Klik om na preke te luister

Ons kan jou help om deur jou Bybel te lees in net 3 jaar. Klik hier vir meer inligting.

Waar kan ek dien?

Om te dien is een van die heel beste maniere om geestelik te groei. Klik hier vir 'n lys van plekke waar jy jou voorskoot kan aantrek.

Hoe word ek deel van ‘n omgeegroep?

Daar is min dinge wat jou verhouding met die Here so goed kan doen, soos om aan 'n omgeegroep te behoort. Vind uit hoe jy dit kan doen!

‘n Nuwe Reeks!

God vertrou my!May 7th, 2017
Die groot dag het aangebreek

Kerkkantoor

0137511644
Maandae - Donderdae: 08:00-13:00
Vrydae: 08:00-12:30
Sondae na afloop van die oggenddiens

Kaart na ons gemeentesentrum

%d bloggers like this: