Lente in jou huwelik

Daar is niks so waardevol soos om in jou huwelik te belê nie! Eendag as jy oud is, gaan jy baie dankbaar wees dat jy moeite gedoen het om die vonk in jou huwelik te behou!

1) Vir wie is dit bedoel?

“Lente in jou huwelik” word bygewoon deur egpare wat 3 of 30 jaar getroud is. Die materiaal wat behandel word is tydlose beginsels wat vir almal van waarde is.

Jy hoef ook glad nie ‘n lidmaat van NG Gemeente Witrivier te wees, om die kursus by te woon nie. Die kursus word deur mense bygewoon uit ‘n wye verskeidenheid van oorde – oud en jonk, kort en lank getroud, lidmaat en nie-lidmaat, gelowig en ongelowig.

Jý en jóú lewensmaat is dus baie welkom!

2) Hoe werk die kursus?

“Lente in jou huwelik” word aangebied oor 3 weke se Donderdae-aande. Elke byeenkoms bestaan uit 2 sessies waartydens verskillende temas behandel word. In totaal word daar dus 6 temas oor 3 weke bespreek.

Hoewel die kursus in groepsverband aangebied word, sit egpare alleen by hulle tafel sodat hulle ook privaat oor die tema kan kommunikeer.

Die tye loop as volg:

  • 18:15 (15min) Koffie & kuier
  • 18:30 (30min) Sessie 1
  • 19:00 (15min) Breek & koffie
  • 19:15 (30min) Sessie 2
  • 20:45 Huis toe!

3) Wat is die datums?

“Lente in jou huwelik” word hierdie jaar op die volgende datums aangebied:

  • 21 September 2017
  • 28 September 2017
  • 5 Oktober 2017

4) Wat van kinders?

Hoewel ons nie ‘n amptelike opassersdiens beskikbaar het nie, is daar baie speelplek in die lokaal langsaan die konferensievertrek. As jy dus nie toesig vir jou kinders kan reël nie, mag dit jou nie van die kursus weerhou nie. Bring ‘n speelding of ‘n inkleurboek vir hulle saam. Ons sal reël dat daar ‘n kinderstorie ook speel.

5) Hoe registreer ek?

Omdat huwelike vir ons gemeente belangrik is, word die kursus geborg en totaal en al gratis aangebied. Dit is egter belangrik dat jy vooraf registreer, omdat daar genoeg werksboeke vir almal voorberei moet word.

Bespreek dus vroegtydig jou plek, deur ‘n epos te stuur na kerkkantoor@ngwitrivier.co.za of skakel die kantoor by 013 7511644.

Onthou asseblief om te noem of julle kinders het wat saamkom of nie, sodat ons betyds die nodige reëlings kan tref.

6) Watter kursusse is beskikbaar?

Hoewel “Lente in jou huwelik” jaarliks aangebied word, is dit nie elke jaar dieselfde materiaal wat behandel word nie. Ons het 7 kursusse waaruit jy kan kies!

Sodat jy kan onthou watter kursus jy al bygewoon het, het ons aan elke kursus die naam van ‘n monogame dier gegee. Die kursusse volg nie op mekaar op nie, en jy hoef nie voriges bygewoon het, om hierdie jaar s’n mee te maak nie.

Hierdie jaar se kursus is die… Nonnetjie-uil!

7) Waaroor gaan hierdie jaar se kursus?

Hierdie jaar se kursus behandel ons:

  • Sewe vlakke van verhoudings
  • Redes vir gebrek aan diepte in huwelike
  • Gevaarligte en wat om daaraan te doen
  • Hoe om gedeelde betekenis te vind
  • Alles wat jy wens jou maat van seks geweet het.
  • Hoe verkry mens geestelike intimiteit in ‘n huwelik

8) Wat is die doel van ons huwelikskursusse?

Een van die vier fokusareas in ons gemeente is dissipelskap. Ons glo jou huwelik is ‘n area waar jy jou dissipelskap kan uitleef, en daarom belê ons daarin om jou toe te rus.

Lente in jou huwelik!


Soek ‘n sleutelwoord:

Klik om na preke te luister

Ons kan jou help om deur jou Bybel te lees in net 3 jaar. Klik hier vir meer inligting.

Waar kan ek dien?

Om te dien is een van die heel beste maniere om geestelik te groei. Klik hier vir 'n lys van plekke waar jy jou voorskoot kan aantrek.

Hoe word ek deel van ‘n omgeegroep?

Daar is min dinge wat jou verhouding met die Here so goed kan doen, soos om aan 'n omgeegroep te behoort. Vind uit hoe jy dit kan doen!

‘n Nuwe Reeks!

God vertrou my!May 7th, 2017
Die groot dag het aangebreek

Kerkkantoor

0137511644
Maandae - Donderdae: 08:00-13:00
Vrydae: 08:00-12:30
Sondae na afloop van die oggenddiens

Kaart na ons gemeentesentrum

%d bloggers like this: