Immergroen ouerskap

Wonder jy soms wat die regte manier is om jou kind te dissiplineer? Wens jy partykeer dat jy jou kind se persoonlikheid beter kon verstaan? Wil jy ook graag jou kind grootmaak om eendag as ‘n volwassene met selfvertroue te leef? Dan is die immergroen ouerskapskursus net vir jou!

Kyk na die onderstaande video vir meer info:

Opsommend:

  • Die kursus is 8 weke lank
  • Ons kom Maandae-aande 18:30 by die kerk bymekaar
  • Dit kos R400 per persoon of R600 per paartjie. Hierdie bedrag sluit een handleiding per paartjie in.
  • Jy kan ook kies om die “Tall tree temperamentsprofiel” deel te maak van die kursus. Die waarde van hierde persoonlikheidstoets is R280 per persoon, maar indien jy dit in samehang met die kursus doen, werk die kursus jou R640 per persoon of R880 per paartjie uit.

Hoe skryf ek in?

Jy kan registreer deur deur jou naam Sondag na afloop van die erediens by die kerkkantoor neer te skryf. Alternatiewelik kan jy die onderstaande vorm aftrek, invul en na kerkkantoor@ngwitrivier.co.za stuur.

Immergroen Ouerskap – registrasievorm

Vir meer inligting kan jy gerus die Immergroen fasiliteerder, Lorraine Steyn, kontak by 0832697365

%d bloggers like this: