Huweliksvoorbereiding

Daar is min dinge so opwindend soos om jou troue te beplan! Jy is verlief en almal is saam met jou gelukkig. Van jou kinderjare af droom jy hoe perfek hierdie belangrike dag eendag gaan wees .

1.) Vir wie is die kursus bedoel?

Net soos wat julle troudag baie voorbereiding vereis om die perfekte dag vir julle te verseker, vereis julle huwelikslewe ook werk. Daarom bied ons in Witrivier NG Gemeente jaarliks ‘n huwelikskursus aan om paartjies wat in die afgelope jaar getroud is, of wat beplan om in die volgende twaalf maande in die huwelik te tree, toe te rus.

Jy hoef ook glad nie ‘n lidmaat van NG Gemeente Witrivier te wees, om die kursus by te woon nie. Die kursus word deur mense bygewoon uit ‘n wye verskeidenheid van oorde – oud en jonk, lidmaat en nie-lidmaat, gelowig en ongelowig.

2.) Wat word behandel?

Ten spyte van liefde vir mekaar, sukkel paartjies om daarin te slaag om werklik gelukkig te wees en daarom fokus hierdie kursus op die slaggate wat vermy moet word in die huwelik.

Temas wat aangespreek word, sluit onder andere die volgende in:

  • In diepte psigometriese toetse (persoonlikheidstoets) wat julle help om mekaar beter te verstaan.
  • Ons deel die nuutse navorsing oor wat huwelike ongelukkig maak – en ook wat jy kan doen om dit te verhoed.
  • Wat julle kan doen om nie net mekaar se beste vriende te bly nie, maar ook mekaar se diepste geesgenote te word.
  • En nog vele meer!

    3.) Hoe werk die kursus?

Die kursus strek oor 3 weeksaande. Elke byeenkoms bestaan uit 2 sessies waartydens verskillende temas bespreek word. In totaal word daar dus 6 onderwerpe oor 3 geleenthede behandel.

Hoewel die kursus in groepsverband aangebied word, sit egpare alleen by ‘n tafel sodat hulle ook privaat oor die onderwerp kan gesels.

Die tye verloop as volg:

  • 18:00-18:15 (15min) Koffie & kuier
  • 18:15-18:30 (15min) Kenmekaar
  • 18:30-19:00 (30min) Sessie 1
  • 19:00-19:15 (15min) Egpaar praat privaat met mekaar oor tema.
  • 19:15-19:30 (15min) Breek & koffie
  • 19:30-20:00 (30min) Sessie 2
  • 20:00-20:15 (15min) Egpaar praat privaat met mekaar oor tema.
  • 20:15 Huis toe!

    4.) Wat is die datums?

Vanjaar se huweliksvoorbereidingskursus word op die volgende datums aangebied:

  • Woensdag 12 September
  • Woensdag 19 September
  • Woensdag 26 September

5.) Hoe registreer ek?

Omdat huwelike vir ons gemeente belangrik is, word die kursus geborg en totaal en al gratis aangebied. Dit is egter belangrik dat jy vooraf registreer, omdat daar genoeg werksboeke vir almal voorberei moet word.

Bespreek dus vroegtydig jou plek, deur ‘n epos te stuur na kerkkantoor@ngwitrivier.co.za of skakel die kantoor by 013 7511644.

Alternatiewelik kan jy ook bespreek deur Ds Nati Stander te kontak by nati@stander.co.za of 082 216 3710.

6.) Wat is die doel van die huweliksvoorbereidingskursus?

Een van die vier fokusareas in ons gemeente is dissipelskap. Ons glo jou huwelik is ‘n area waar jy jou dissipelskap kan uitleef, en daarom belê ons daarin om jou toe te rus om Jesus deur jou huwelik te verheerlik.

 

 


Soek ‘n sleutelwoord:

Klik om na preke te luister

Ons kan jou help om deur jou Bybel te lees in net 3 jaar. Klik hier vir meer inligting.

Waar kan ek dien?

Om te dien is een van die heel beste maniere om geestelik te groei. Klik hier vir 'n lys van plekke waar jy jou voorskoot kan aantrek.

Hoe word ek deel van ‘n omgeegroep?

Daar is min dinge wat jou verhouding met die Here so goed kan doen, soos om aan 'n omgeegroep te behoort. Vind uit hoe jy dit kan doen!

‘n Nuwe Reeks!

God vertrou my!May 7th, 2017
Die groot dag het aangebreek

Kerkkantoor

0137511644
Maandae - Donderdae: 08:00-13:00
Vrydae: 08:00-12:30
Sondae na afloop van die oggenddiens

Kaart na ons gemeentesentrum

%d bloggers like this: