Huwelikskamp te Nkambeni

Bederf julleself met ‘n wonderlike wegbreeknaweek in ‘n luukse safarikamp in die wildtuin! Nkambeni is by die Numbi-hek geleë en skaars 35Km vanaf Witrivier. So ‘n naweek sal ‘n paartjie daar gewoonlik oor die R4000 uit die sak jaag. Ons kry die vergunning om daar tuis te gaan vir slegs R2200 per paartjie vir die naweek (ontbyt en aandete ingesluit). Dit beloof om ‘n onvergeetlike ervaring in die veld saam met jou huweliksmaat te wees.

Dit is egter ook méér as net ‘n bederf – dit is ‘n belegging in jou huwelik. In ons sessies behandel ons style en tegnieke wat waarborg om jou ‘n vervulde huwelik te laat beleef.

Wanneer vind dit plaas?

Die datum van hierdie jaar se kamp is 23 tot 25 Junie 2017. Ons kry mekaar Vrydag 17:30 by Nkambeni in die konferensielokaal vir die verwelkoming. Vandaar sal ons verdaag om te gaan smul aan die aandete.

Hoe maak jy ‘n bespreking?

Daar is slegs plek vir 15 egpare beskikbaar. Daarom is dit belangrik dat jy so vinnig as moontlik jou plek bespreek om teleurstelling te voorkom.

  • Kontak vir Magda Labuschagne van Nkambeni by 013-590-1011
  • Bespreek jou plek onder die groepsverwysingsnommer “22908
  • Stuur jou bewys van betaling aan Magda by reservations@nkambeni.com
  • Laat weet asb vir Nati Stander (ds) wanneer jou bespreking gefinaliseer is, by nati@stander.co.za

Wie mag saamgaan?

Die huwelikskamp is “oop” vir enige iemand wat sou belangstel. Dit is nie net vir lidmate van ons gemeente nie. Die eerste 15 egpare wat dus bespreek se plekke is verseker. Jy is dus welkom om ook vriende te nooi om saam te kom kamp.

Dikwels wil ouers weet of kinders ook welkom is. Kinders onder 9 jaar oud mag gratis bly en eet saam met hul ouers. Kinders ouer as 9 jaar maar jonger as 12, kan teen 50% van die tarief by Nkambeni geakkommodeer word.

Vir sommige egpare (wat vêr van familie is of nie familie het nie) is dit onmoontlik om toesig vir hul kinders oor ‘n naweek te reël. Dit is dus heeltemal te verstane dat jou kroos nie weggewys kan word nie. Ons wil egter jou aanmoedig om ekstra moeite te doen om te kyk of jy nie toesig gereël kan kry nie. Dit gaan vir julle as paartjie soveel meer beteken as julle alleen kan weggaan.

Indien kinders wel saamgaan, vra ons dat hulle asseblief nie die ander egpare sal steur nie. 

Wat bring jy saam?

Daar is nie veel wat jy moet saamneem nie. Daar is wonderlike linne in die safaritente en alle eetgerei word uiteraard verskaf. Daar is ‘n swembad wat jy kan gebruik, sou jy wou. Middagetes is nie ingesluit nie omdat die veronderstelling is dat jy in die wildtuin iets te ete gaan gryp. As jy egter beplan om oor middagete in die kamp te wees, kan jy vir jou iets lig bring om te eet. Die ontbyt en aandete is GROOT.

Jy ontvang ‘n notaboekie waarin jy aantekeninge oor ons sessies kan maak. Bring gerus ‘n pen en Bybel saam vir daardie doel.

Wildritte en stap in die wildtuin is ook beskikbaar teen ‘n ekstra fooi.

 

 


Soek ‘n sleutelwoord:

Klik om na preke te luister

Ons kan jou help om deur jou Bybel te lees in net 3 jaar. Klik hier vir meer inligting.

Waar kan ek dien?

Om te dien is een van die heel beste maniere om geestelik te groei. Klik hier vir 'n lys van plekke waar jy jou voorskoot kan aantrek.

Hoe word ek deel van ‘n omgeegroep?

Daar is min dinge wat jou verhouding met die Here so goed kan doen, soos om aan 'n omgeegroep te behoort. Vind uit hoe jy dit kan doen!

‘n Nuwe Reeks!

God vertrou my!May 7th, 2017
Die groot dag het aangebreek

Kerkkantoor

0137511644
Maandae - Donderdae: 08:00-13:00
Vrydae: 08:00-12:30
Sondae na afloop van die oggenddiens

Kaart na ons gemeentesentrum

%d bloggers like this: