Hoe kan ek dankoffer gee?

Jy is ‘n rentmeester van die middele wat die Here onder jou sorg geplaas het. As rentmeesters, wil ons graag sien hoe dit wat ons in die koninkryk belê die grootste denkbare impak kan hê. Kyk na die onderstaande video om te sien hoe jy jou jou dankoffer prakties kan gee.

Die bankbesonderhede van die gemeente is as volg:

  • Rekeningnaam: Ned Geref Gemeente Witrivier
  • Bank: ABSA
  • Tak: Witrivier
  • Takkode:  632005
  • Soort rekening: Tjekrekening
  • Rekeningnommer: 1370 580 002

Klik op die onderstaande skakel om ‘n debietorder af te laai:

Debietorder Witrivier
Klik om af te laai

Hoe om die “SnapScan” toep/app te gebruik:

Vir vinnige, veilige betalings via jou selfoon, kan jy die volgende stappe volg:

  • Gaan na die “app store” op jou selfoon
  • Soek die “SnapScan” toep/app
  • Laai dit af op jou selfoon (dit is ongeveer 5MB)
  • Nadat die app afgelaai het, klik jy op dit om dit oop te maak
  • Volg die instruksies op die app en tik eers jou epos adres in, en dan ook jou naam en selnommer.
  • Jy gaan nou uit 2 oorde boodskappe kry wat vra dat jy jou registrasie moet verifieer:
    • Jy gaan ‘n epos ontvang. Jy moet op die skakel in die epos klik om die SnapScan diens te aktiveer.
    • Jy gaan ook ‘n sms ontvang met ‘n unieke kode. Jy moet daardie kode in die spasie op die app tik om verdere toegang tot die app te verkry.
  • Hierna sal jy geleentheid kry om jou tjekkaart of kredietkaart as een van die kaarte te registreer waaruit jy betalings wil doen. Vul jou besonderhede – insluitende kaartnommer en CVV kode in soos dit op die kaart verskyn.
  • Nou kan jy ‘n geheime kode kies wat jy gaan moet intik telkens wanneer jy ‘n betaling wil maak.

 

 

%d bloggers like this: