Alpha kursus

Alpha_course_logoHet jy al ooit gewonder of God regtig bestaan . . . of hoekom dit vir Jesus nodig was om juis aan ‘n kruis te sterf? Twyfel jy soms aan gebed en aan hoe dit werk? Weet jy hoe om die Here se stem te hoor en sy wil vir jou lewe te leer ken?

As hierdie die tipe vrae is wat jou nuuskierigheid prikkel, dan is die Alpha kursus net die plek vir jou!

Die Alpha kursus is ‘n uitsonderlike opleidingsgeleentheid wat wêreldwyd al meer as 17 miljoen mense toegerus het met ‘n beter begrip van wat ‘n verhouding met Jesus behels . . . en die goeie nuus is dat dit  binnekort in ons gemeente aangebied word!

Dinsdag 30 Augustus 2016 is ons afskop!

Ons kom op Dinsdae-aande 18:30 in die bovertrek bymekaar. Bo en behalwe die verreikende temas wat aangespreek word, word jou maag ook met ‘n ligte aandete getrakteer. Dit is gratis, so kom skakel in! Of jy nou ‘n vriend saambring en of jy nuwe vriende daar kom maak, jy gaan nie onveranderd wegstap nie…

Jy kan inskryf deur jou naam by die kerkkantoor op te gee of deur die vorm op die gemeente se “App” in te vul*.

*{Gaan na “Beplan sáám” en dan na “Registreer”}

Alpha-960x250

%d bloggers like this: