Huis Bethlehem

2011-12-17_231722Huis Bethlehem is ‘n plek van veiligheid, waar kinders vir ‘n tydelike periode gehuisves word. Kinders wat wag vir hofsake om hul loop te neem en kinders wat wag vir uitsluitsel oor permanente pleegsorg, vind in die interim ‘n tuiste hier.

Om dit so huislik as moontlik te maak met so min as moontlik ontwrigting vir die kind, is vir die personeel – en ook vir ons as gemeente- van uiterste belang. Ons as gemeente is heelhartig daartoe verbind om vir hierdie kinders geborgenheid en sekuriteit te laat beleef.

Sedert huis Bethlehem in 1999/2000 ontstaan het, is honderde kinders al hier in hulle donkerste uur gehelp en bygestaan. Kinders tussen 0 en 18 jaar oud, vind vir enige iets van 3 maande tot ‘n jaar en half, hier ‘n veilige heenkome. Die hoeveelheid kinders wat hier op ‘n gegewe tydstip huisvesting vind wissel uiteraard baie, maar gewoonlik is dit 6 tot 8 kinders op ‘n slag. Die opvangsgebied wat bedien word, is hoofsaaklik Witrivier, Nelspruit, Barberton, Lydenburg en Komatipoort.

As jy of jou omgeegroep ‘n plek soek om heen uit te reik, bied huis Bethlehem vir julle ‘n paar lekker praktiese maniere:

  • Daar is ‘n groot behoefte aan vrywilligers wat bereid is om byvoorbeeld een keer per week in te kom en die kinders te help met huiswerk.
  • Miskien kan jou omgeegroep 1 Vrydagaand per maand 3 groot pizza’s koop en dit saam met die kinders kom eet?
  • Sien jy nie dalk kans om as ‘n naweek- of vakansie-ouer vir ‘n kind op te tree nie?
  • Soos in elke huishouding is daar altyd behoefte aan skryfbehoeftes, skooltasse, vars groente en vrugte.
  • As jy vooraf reël, gaan daar heel waarskynlik iets in die huis en/of op die gronde wees wat herstel benodig, of wat kan doen met ‘n verf.
  • Dit sal wonderlik wees as ons nou en dan die huisouers ‘n blaaskans kan gee. Wat as julle omgeegroep vir ‘n Vrydag en ‘n Saterdag aanbied om na die kinders om te kyk sodat die huisouers net ‘n ruskans kan kry?

Of miskien het jy ‘n vakansiehuis waarheen die huisouers (Andre en Marlene) net vir ‘n afnaweek heen kan gaan? Dalk kan jy dit vir hulle aanbied en so hulle help om hulle batterye weer te herlaai.


Soek ‘n sleutelwoord:

Klik om na preke te luister

Ons kan jou help om deur jou Bybel te lees in net 3 jaar. Klik hier vir meer inligting.

Waar kan ek dien?

Om te dien is een van die heel beste maniere om geestelik te groei. Klik hier vir 'n lys van plekke waar jy jou voorskoot kan aantrek.

Hoe word ek deel van ‘n omgeegroep?

Daar is min dinge wat jou verhouding met die Here so goed kan doen, soos om aan 'n omgeegroep te behoort. Vind uit hoe jy dit kan doen!

‘n Nuwe Reeks!

God vertrou my!May 7th, 2017
Die groot dag het aangebreek

Kerkkantoor

0137511644
Maandae - Donderdae: 08:00-13:00
Vrydae: 08:00-12:30
Sondae na afloop van die oggenddiens

Kaart na ons gemeentesentrum

%d bloggers like this: