“Kom Word Nuut”-kamp

Het jy ‘n vars inspuiting in jou verhouding met die Here nodig? Kort jy nuwe perspektief? Het jy ‘n behoefte om ‘n balansstaat van jou lewe op te trek – sodat jy weet watter rigting jy moet ingaan vir ‘n nuwe hoofstuk?

Die “Kom Word Nuut”-Kamp sal presies in hierdie behoefte van jou voldoen – en nog vele meer! Dit is ‘n gedugte kamp in die Laeveld – met baie goeie rede. Hierdie kamp is ‘n naweek van emosionele lafenis met ‘n diep geestelike onderbou.

Die terrein is tussen Nelspruit en Witrivier geleë, agter die Kiaat hospitaal. Dit is die Ella Combrink kampterrein.

Daar is privaat slaapkwartiere vir elke persoon beskikbaar, maar jy kan ook kies om in jou karavaan of tent te kom uitspan. Wat meer is, is dat daar ook ‘n program vir die kinders aangebied word. Ouers kan dus met gemoedsrus hulle kinders saambring.

Koste beloop R300 per persoon en R100 per laerskoolkind. Voorskoolse kinders kamp gratis.  Sodra ons jou betaling ontvang het, is jou plek gereserveer. (Maar moet nie dat geld jou daarvan weerhou om saam te kom kamp nie!)

Die volgende kampdatum is 9-11 Junie 2017. Die sluitingsdatum is twee weke voor die tyd, aangesien daar heelwat voorbereidings getref moet word.

BANKBESONDERHEDE: 

  • Bank: ABSA Witrivier
  • Rekening naam:  NG Witrivier
  • Rekening nommer: 137 058 0002
  • Verwysing: KWN (jou naam en van)
  • Faks bewys van betaling na 086 544 8242 of stuur dit na kantoor@ngwitrivier.co.za

Laai jou inskrywingsvorm hier af [ KOM WORD NUUT ] en stuur dit na kantoor@ngwitrivier.co.za

Vir enige verdere navrae kan jy die kantoor skakel by 0137511644


Soek ‘n sleutelwoord:

Klik om na preke te luister

Ons kan jou help om deur jou Bybel te lees in net 3 jaar. Klik hier vir meer inligting.

Waar kan ek dien?

Om te dien is een van die heel beste maniere om geestelik te groei. Klik hier vir 'n lys van plekke waar jy jou voorskoot kan aantrek.

Hoe word ek deel van ‘n omgeegroep?

Daar is min dinge wat jou verhouding met die Here so goed kan doen, soos om aan 'n omgeegroep te behoort. Vind uit hoe jy dit kan doen!

‘n Nuwe Reeks!

God vertrou my!May 7th, 2017
Die groot dag het aangebreek

Kerkkantoor

0137511644
Maandae - Donderdae: 08:00-13:00
Vrydae: 08:00-12:30
Sondae na afloop van die oggenddiens

Kaart na ons gemeentesentrum

%d bloggers like this: