Heilige Gees naweek

Holy_Spirit_as_Dove_(detail)Het jy al gewens dat die Here ‘n groter realiteit in jou lewe kan wees? Het jy geweet dat jy in ‘n verhouding met die Heilige Gees kan staan? Het jy ‘n begeerte om deur die persoon van die Heilige Gees vervul te word?

Daar is baie méér aan ‘n verhouding met Jesus as wat die deursnee Christen besef. Jesus kán vir jou ‘n groter werklikheid word!

En dit is presies wat die Heilige Gees kamp jou bied! As dit by die Heilige Gees kom, deins baie mense terug vanweë al die onsekerhede. Party mense is selfs skrikkerig dat vreemde dinge met jou kan gebeur as jy jouself vir die Heilige oopstel.

Tydens hierdie retreat word die vrae aangespreek waaroor almal wonder. Ons leraars behandel dinge soos . . .

  • Hoe word ek vervul deur die Heilige Gees?
  • Wat doen die Heilige Gees?
  • Wie is die Heilige Gees?
  • Wat is die gawes van die Gees?
  • En hoe wandel mens met die Gees?

Gryp hierdie geleentheid aan en blaas nuwe vuur in jou verhouding met die Here!

Ons kamp die naweek van 9-11 September 2016. Dit kos R350 – maar jy betaal wat jy kan. Die kampfooi sluit akkomodasie en heerlike kos in. Inskrywingsvorms is verkrygbaar by die kerkkantoor. Alternatiewelik kan jy hierdie kampvorm aflaai of op ons app registreer vir die kamp. Die sluitingsdatum is Donderdag 1 September 2016

%d bloggers like this: