Nuwe lidmate

Ons gemeente het iemand soos jy nodig sodat ons nog beter uiting aan die “liggaam van Jesus” kan gee. Dankie dat jy biddend oorweeg het om by ons gemeente aan te sluit. Mag jy vinnig voel dat hierdie geloofsgemeenskap vir jou ‘n geestelike tuiste geword het.

Klik op die NUWE LIDMAAT-vorm om dit af te laai. Voltooi dit en handig dit asseblief by die kerkkantoor in. Die heel maklikste is om dit sommer na afloop van ‘n erediens by die kantoor in te gee.

Dit is nogal belangrik om as lidmaat aan te meld, omdat ons jou graag sal wil ontmoet – en ook omdat dit die kommunikasieproses met jou baie gaan verbeter.

%d bloggers like this: