Seksvoorligting en ontwikkelingsfases

Beste Witrivierder

Op die naweek van 16 en 17 Maart spreek ons gemeente 2 uiters belangrike temas aan…

Of jy kinders in die huis het of nie, ons almal ken iemand wat by hierdie geleenthede kan baat. Stuur asb die epos vir hulle aan…

Vrydag 16 Maart 18:00-20:00

Saterdag 17 Maart 08:30-13:00

Prof Vollie Spies bied ‘n geakrediteerde werkswinkel oor die hantering en ontlonting van seksuele misbruik aan.

Almal is welkom! Onderwysers, terapeute en ander professionele persone sal 5 CPD punte verdien deur die bywoon van hierdie geleentheid. Kostes vir die Saterdag beloop R350.

Bespreek en betaal voor 14 Maart @NG Witrivier. Rig navrae aan bluetoothouerskap@gmail.com

Wie is Prof Vollie Spies?

Prof. Spies word nasionaal erken as kampvegter vir slagoffers van seksuele geweld en het ook verskeie publikasies die lig laat sien met betrekking tot evaluering en heling van slagoffers van seksuele molestering.

Prof. Vollie Spies behaal die graad BAMW in 1972 by die UP, en DPhil in 1997 by UNISA. Haar spesialisveld is seksuele molestering. Sy het ook ʼn diploma in Child Law en is voltyds betrokke by studente opleiding aan UP en UNISA.

Leave a Reply

%d bloggers like this: