Category Archives: Uncategorized

  • 0

Bestaan God regtig?

Category : Uncategorized

Ons leef in ‘n tyd wat God in die spervuur is. Hoe meer die wetenskap toeneem, hoe meer is daar mense wat nie meer in God glo nie.

Maar dan is daar ander mense – ook wetenskaplikes – wat meen dat mens juis in die bestaan van God kan glo oor dit wat ons in die wetenskap leer…

▪ Datum: Maandag 27 Augustus
▪ Tyd: 18:00
▪ Plek: Witrivier gemeentesentrum
▪ Kostes: Gratis (Ons berei ligte verversings vir 50 mense voor)

Wat is die tema wat behandel gaan word?

Dr Bohlin is ‘n bekende apologeet, afkomstig van die VSA. Hy skop die aand af, en die titel van sy praatjie is: “How Biology Points us to God”.

Die natuur is vol van God se vingerafdrukke.

Dr Miller, ook ‘n bekende Amerikaanse apologeet, sluit hierna by hom aan met ‘n praatjie wat handel oor “Intelligent Design”. As mens die natuur bestudeer, dui alle getuienis daarop dat daar ‘n “intellegente ontwerper” (God), agter die skerms aan die werk is.

Vir wie is die aand bedoel?

▪ Eerstens is die aand vir intellektuele gelowiges bedoel. Hierdie aand gaan vir jou toerus om jou geloof in God op ‘n rasionele manier te verstaan.
▪ Tweedens is die aand ook gemik op skeptici of mense wat geloofstwyfel beleef. Jy gaan sien dat geloof en wetenskap nie teenoor mekaar staan as opponente nie.

Program van die aand.

▪ 18:00-18:15 Opening en verwelkoming
▪ 18:15-19:15 Dr Bohlin ~ “How Biology points us to God”
▪ 19:15-19:30 Pouse met ligte verversings (ons berei vir 50 mense voor)
▪ 19:30-20:30 Dr Miller ~ “Intelligent Design”
▪ 20:30-20:45 Sprekers beantwoord vrae uit die gehoor.

Dit gaan ‘n aand wees wat jou geloof in God gaan stig! Voel asseblief vry om vriende saam te nooi. Daar sal aan die einde geleentheid wees om aan ons sprekers vrae te vra.


  • 0

7 nuusflitse

Category : Uncategorized

Medegelowige, jy wil nie komende Sondag, 19 Augustus, misloop nie. Daar is ‘n baie spesiale getuienis wat gedeel gaan word oor iemand vir wie die Here genees het!

Gou 7 ander brokkies nuus…

1.) Bestaan God regtig?

Kan ‘n mens glo dat daar ‘n “God” is wat alles geskep het? Wie sê dat alles rondom ons nie dalk net per toeval ontstaan het nie?

Dr Bohlin

Dit is die vraag wat Dr Bohlin in ons gemeente kom aanspreek, Maandag 27 Augustus om 18:00. Dr Bohlin -afkomstig van die VSA – is ‘n bekende apologeet en die titel van sy lesing is: “How Biology Points us to God”.

Dr Miller

Direk na afloop van Dr Bohlin se lesing, sal Dr Miller die verhoog neem en met ons oor die nuutste bevindinge van evolusie praat. Daar is gevind dat die evolusionêre teorie groot leemtes het, en Dr Miller stel die saak van “Intelligent Design”, oftewel die geloof dat daar ‘n “Intelligente Ontwerper” – God – agter die beplanning van die skepping is.

Hierdie aand gaan jou geloof in God versterk! Daar sal geleentheid wees om ook vrae te vra. Bring gerus ook vriende saam wat twyfel in God se bestaan.

2.) Kan God gebede beantwoord?

Ja, definitief! Daarom skep ons geleentheid vir die tweede genesingsdiens van die jaar, op Donderdag 30 Augustus om 18:00 by die gemeentesentrum.

As jy behoefte het aan gebed – hetsy vir fisiese genesing, finansiële krisisse, huweliksprobleme, of watter bekommernisse jy ook mag beleef – nooi ons jou uit om hierdie geleentheid te kom bywoon en jou nood voor die Here te kom plaas.

Ons genesingsdienste is nie skouspelagtig nie. Ons bid diskreet vir mekaar sonder dat die persoon blootgestel – of dat die Here gemanipuleer voel. Dit word met baie respek teenoor beide die Here en die persoon gedoen.

Kom, laat toe dat ons vir jou bid…

3.) Hoe groei mens in jou verhouding met die Here?

Dit is bewys dat geestelike dissiplines ‘n belangrike sleutel is wat geloofsgroei ontsluit. Om hierdie rede bied ons ‘n kursus oor geestelike dissiplines aan, op Donderdag 23 Augustus om 18:00. In hierdie kursus gaan jy bekendgestel word aan 10 klassieke gewoontes wat jou geestelike lewe gaan verryk. Daar is net plek vir 12 mense in die sitkamer, bespreek dus jou plek vroegtydig!

4.) Dankoffers trek dadelik reg.

In my vorige nuusbrief het ek genoem dat Juniemaand se dankoffers wesenlik minder was en dat ons toe op ‘n tekort afgestuur het. Die goeie nuus is dat die dankoffers vir Juliemaand, dadelik reggetrek het.

Dankie vir elkeen wat kies om hulle dankoffer in hierdie geloofsgemeenskap te belê. Doen asseblief so voort. Elke rand maak ‘n verskil – en daar word met groot omsigtigheid daarmee gewerk.

5.) Ken jou arbeiders die Here?

Het jy ‘n huishulp, tuinwerker, plaas- of fabrieksarbeiders wat vir jou werk? Ken hulle die Here?

Jy kan in jou werkers se geestelike lewe belê – en selfs indirek daarvoor verantwoordelik wees om iemand na die Here toe te lei – deur hulle na die Zoë-kamp te stuur.

Die kamp vind 7-9 Sept 2018 plaas, en word in Siswati aangebied. Dit kos R250. Vir meer inligting, besoek gerus ons webtuiste deur op die skakel te klik.

6.) Kursus vir huweliksvoorbereiding

Het jy geweet dat ons gemeente ‘n huweliksvoorbereidingskursus aanbied? Die kursus is geoogmerk vir paartjies wat in die afgelope jaar getrou het – of wat in die afgelope jaar gaan trou.

Dit is ‘n kursus van hoogstaande gehalte. Vir meer inligting, besoek ons webtuiste deur op die skakel te klik.

7.) Boelies is oral


  • 0

5 Plekke waar ek die Here hierdie week sien werk het.

Category : Uncategorized

Met al die slegte nuus in ons lewe kan ons baat met ‘n bietjie goeie nuus. Daarom het ek gedink om gou 5 voorbeelde vir jou te noem van waar ek die Here die afgelope week in ons gemeente gesien werk het.

1.) Die Heilige Gees word gehoorsaam.

In ons gemeentebrief het ek jou vertel van ons sendelinge, Alfred & Belinda Paetzold, se groot terugslag met Alfred se gesondheid. Ek het ook – nogal huiwerig – gevra of daar nie dalk iemand is wat ‘n voertuig kan beskikbaarstel om Alfred’hulle uit Lichinga te help trek nie.

Kort daarna het ‘n vrou in ons gemeente haar kom aanmeld. Sy het gesê sy voel die Heilige Gees druk dit op haar hart om haarself en haar voertuig te kom aanbied. ‘n Ander lidmaat het hulle waentjie ook vir die trek beskikbaar gestel.

Iets van die Handelinge-gemeente se mededeelsaamheid het voor my oë afgespeel. Gelowiges in ons gemeente het – onder leiding van die Heilige Gees – van hulleself gegee ter wille van ander.

2.) Omgee word tasbaar.

Ons gemeente is onlangs diep geraak deur die afsterwe van die tienerseun, CF Wagner, nadat hy sy stryd teen kanker verloor het. Ons was almal vol vertroue dat hy gesond gaan word.

Ek was nog besig om deur my eie verslaentheid te werk. Toe hoor ek ‘n vriendekring in ons gemeente, Ytipan-innipens, skenk vanuit die opbrengs van hulle pannekoekverkope by Innibos, ‘n bydrae aan die Wagner-gesin om te help met die mediese onkostes – in totaal ongeveer R12900.

Dit was vir my ‘n prentjie van ‘n geloofsgemeenskap wat by mekaar bly staan deur dik en dun. Ek het Jesus gesien in die manier waarop hulle hul omgee, tasbaar maak.

3.) Mense loop die ekstra myl.

In my vorige nuusbrief het ek ook gesê dat ons gemeente se finansies onder druk is. Sedert ons land tot “rommelstatus” geval het, het ons gemeente nog elke maand ‘n 16% agterstand op ons begroting beleef. Dit klink dalk nie na baie nie, maar die opgeloopte effek daarvan het ‘n groot effek.

Vry van enige manipulasie, het lidmate toe maandeinde slaan, diep in hulle sakke gekrap om die saak reg te stel. Ten spyte daarvan dat mense se persoonlike finansies ook onder druk is, was dit die eerste maand in hierdie boekjaar wat ons die teiken gehaal het.

Duidelik was dit die Heilige Gees wat mense oortuig het om by te dra – en duidelik was dit begroet met gehoorsaamheid. Ek het gesien hoe gelowiges wat sélf onder druk is, die ekstra myl loop sodat die gemeente se werk volhoubaar kan voortgaan.

4.) Wapens word neergelê.

Ek moes die afgelope week ‘n pastorale gesprek tussen twee partye fasiliteer. Omdat dit vertroulik is, wil ek uiteraard baie kripties wees sonder om in detail in te gaan. Wat ek wel kan sê, is dat daar ‘n ernstige skaad van vertroue was wat diep emosionele wonde gelos het.

En toe gebeur die onmoontlike…die twee partye kies om die wapens neer te lê en mekaar te vergewe. Ek het met my eie oë gesien hoe sagte harte, die hardheid van die lewe troef – hoe die wapens van Jesus – liefde en vergifnis – heling bring.

5.) ‘n Nuwe geboorte word aanskou.

Daar was ook hierdie week ‘n nuwe geboorte gewees. Ek praat níe van die soort waar ‘n babatjie uit ‘n Ma se baarmoeder gehaal word nie. Ek praat van díe soort waarvan Jesus vertel – ‘n “geesgeboorte” – oftewel ‘n “bekering”.

Dit is nie die tipe ding wat sonder ‘n kragtige werking van die Heilige Gees kan gebeur nie. Iemand kom immers oor van die duisternis na die lig! Net die Here kan so iets bewerk.

Dus, so tussendeur al die slegte nuus en spanning van ons tyd, moet ons onthou dat die Here aan die werk is. Hy is in ons midde…


Soek ‘n sleutelwoord:

Klik om na preke te luister

Ons kan jou help om deur jou Bybel te lees in net 3 jaar. Klik hier vir meer inligting.

Waar kan ek dien?

Om te dien is een van die heel beste maniere om geestelik te groei. Klik hier vir 'n lys van plekke waar jy jou voorskoot kan aantrek.

Hoe word ek deel van ‘n omgeegroep?

Daar is min dinge wat jou verhouding met die Here so goed kan doen, soos om aan 'n omgeegroep te behoort. Vind uit hoe jy dit kan doen!

‘n Nuwe Reeks!

God vertrou my!May 7th, 2017
Die groot dag het aangebreek

Kerkkantoor

0137511644
Maandae - Donderdae: 08:00-13:00
Vrydae: 08:00-12:30
Sondae na afloop van die oggenddiens

Kaart na ons gemeentesentrum