3 Brokkies nuus waarvan jy móét weet:

Huweliksverryking

Die naweek van 23-25 Junie bied ons gemeente ‘n kamp vir huweliksverryking by Nkambeni aan.

Hemelvaart

Ons vier hemelvaart op 25 Mei om 18:30 by die gemeentesentrum

Pinkster

Daar sal Pinksterdienste gehou word van Sondag 28 Mei tot Donderd 1 Junie. Aanddienste is 18:30

4 Fokusvelde in ons gemeente:

Inskrywings op ons blog

5 Plekke waar ek die Here hierdie week sien werk het.

Met al die slegte nuus in ons lewe kan ons baat met ‘n bietjie goeie nuus. Daarom het ek gedink om gou 5 voorbeelde vir jou te noem van waar ek die Here die afgelope week in ons gemeente gesien werk het. 1.) Die Heilige Gees word gehoorsaam. In ons gemeentebrief het ek jou vertel

Read More

Nuus voor die wintervakansie

Beste Witrivierder Die kwartaal lê agter ons rug en die skoolvakansie wink! Dit was ‘n lekker besige kwartaal. As jy kinders op skool het, hoop ek vir jou part dat jy dit bietjie rustiger kan neem in die volgende week of twee van die wintervakansie. In ons gemeente gaan dinge egter onverpoos aan. Ek deel graag

Read More

Pinksterfees

Beste Witrivierder Dankie vir die afgelope week se heerlike kuier rondom die soppotte van ons gemeente! Dit was wonderlik om soveel mense by die Pinkster te sien. Ek wil jou uitnooi om Sondag saam die Pinksterfees te kom geniet. Dit is die afsluiting van die tema: “Hoe hoor ons God se stem?” en Sondag kyk ons spesifiek

Read More

7 Nuusbrokkies voor Pinkster

Beste Witrivierder Ek sit tans in die bosveld en verlang dik stukke! Hierdie week bied ek Pinkster in Thabazimbi aan. Dit is mooi wêreld met wonderlike mense, maar ek mis ons gemeente. Terwyl ek hier sit, dink ek aan alles wat in ons gemeente afspeel en ek voel so bevoorreg om in Witrivier te mag

Read More

10 Nuusbrokkies vir April

Beste Witrivierder! Die skoolkwartaal het begin en ‘n wonderlike naweek wink! Hier is vir jou 10 nuusbrokkies om van kennis te neem. 1.) Biddag 22 April As jy nie na Oom Angus toe kon deurry nie, maar jy het behoefte om steeds saam te bid, nooi ons jou om by die by Nelspruit Rugbyklub teen 11:00 in te

Read More

Hoe groei mens in jou verhouding met Jesus?

Tags : 

Wil jy ook in jou verhouding met die Here groei, maar jy weet nie aldag hoe nie? Wonder jy soms wat die volgende treë is wat jy in jou verhouding met Jesus kan gee? Dit lyk vir my of Lukas 10 ons in hierdie verband kan help. Lukas 10 begin met die woorde: “Daarna het

Read More

‘n Paar gedagtes oor die term “koninkryk van God”

Soos jy teen hierdie tyd weet, is 2016 se jaartema vir ons gemeente die “koninkryk van God”. Ons wil graag in hierdie jaar die konsep van God se koninkryk op aarde deurtrap en lekker verstaan. Dit is dan ook die doel van die meegaande video. My pad het op ‘n stadium met die teoloog N.T.

Read More

My eerste 7 indrukke van NG Witrivier

Wat dink jy is ons gemeente se sterkpunte? Natuurlik het ons gemeente ‘n klomp tekortkominge en foute – maar wat is die dinge waarmee ons goed is? Wel, ek is nou presies ‘n jaar in die gemeente. Die afgelope 12 maande het ek net dopgehou. Ek het fyn geluister en baie van ons gemeente se

Read More

Maak 'n belegging in die Koninkryk deur jou dankoffer te gee.