7 nuusflitse

  • 0

7 nuusflitse

Category : Uncategorized

Medegelowige, jy wil nie komende Sondag, 19 Augustus, misloop nie. Daar is ‘n baie spesiale getuienis wat gedeel gaan word oor iemand vir wie die Here genees het!

Gou 7 ander brokkies nuus…

1.) Bestaan God regtig?

Kan ‘n mens glo dat daar ‘n “God” is wat alles geskep het? Wie sê dat alles rondom ons nie dalk net per toeval ontstaan het nie?

Dr Bohlin

Dit is die vraag wat Dr Bohlin in ons gemeente kom aanspreek, Maandag 27 Augustus om 18:00. Dr Bohlin -afkomstig van die VSA – is ‘n bekende apologeet en die titel van sy lesing is: “How Biology Points us to God”.

Dr Miller

Direk na afloop van Dr Bohlin se lesing, sal Dr Miller die verhoog neem en met ons oor die nuutste bevindinge van evolusie praat. Daar is gevind dat die evolusionêre teorie groot leemtes het, en Dr Miller stel die saak van “Intelligent Design”, oftewel die geloof dat daar ‘n “Intelligente Ontwerper” – God – agter die beplanning van die skepping is.

Hierdie aand gaan jou geloof in God versterk! Daar sal geleentheid wees om ook vrae te vra. Bring gerus ook vriende saam wat twyfel in God se bestaan.

2.) Kan God gebede beantwoord?

Ja, definitief! Daarom skep ons geleentheid vir die tweede genesingsdiens van die jaar, op Donderdag 30 Augustus om 18:00 by die gemeentesentrum.

As jy behoefte het aan gebed – hetsy vir fisiese genesing, finansiële krisisse, huweliksprobleme, of watter bekommernisse jy ook mag beleef – nooi ons jou uit om hierdie geleentheid te kom bywoon en jou nood voor die Here te kom plaas.

Ons genesingsdienste is nie skouspelagtig nie. Ons bid diskreet vir mekaar sonder dat die persoon blootgestel – of dat die Here gemanipuleer voel. Dit word met baie respek teenoor beide die Here en die persoon gedoen.

Kom, laat toe dat ons vir jou bid…

3.) Hoe groei mens in jou verhouding met die Here?

Dit is bewys dat geestelike dissiplines ‘n belangrike sleutel is wat geloofsgroei ontsluit. Om hierdie rede bied ons ‘n kursus oor geestelike dissiplines aan, op Donderdag 23 Augustus om 18:00. In hierdie kursus gaan jy bekendgestel word aan 10 klassieke gewoontes wat jou geestelike lewe gaan verryk. Daar is net plek vir 12 mense in die sitkamer, bespreek dus jou plek vroegtydig!

4.) Dankoffers trek dadelik reg.

In my vorige nuusbrief het ek genoem dat Juniemaand se dankoffers wesenlik minder was en dat ons toe op ‘n tekort afgestuur het. Die goeie nuus is dat die dankoffers vir Juliemaand, dadelik reggetrek het.

Dankie vir elkeen wat kies om hulle dankoffer in hierdie geloofsgemeenskap te belê. Doen asseblief so voort. Elke rand maak ‘n verskil – en daar word met groot omsigtigheid daarmee gewerk.

5.) Ken jou arbeiders die Here?

Het jy ‘n huishulp, tuinwerker, plaas- of fabrieksarbeiders wat vir jou werk? Ken hulle die Here?

Jy kan in jou werkers se geestelike lewe belê – en selfs indirek daarvoor verantwoordelik wees om iemand na die Here toe te lei – deur hulle na die Zoë-kamp te stuur.

Die kamp vind 7-9 Sept 2018 plaas, en word in Siswati aangebied. Dit kos R250. Vir meer inligting, besoek gerus ons webtuiste deur op die skakel te klik.

6.) Kursus vir huweliksvoorbereiding

Het jy geweet dat ons gemeente ‘n huweliksvoorbereidingskursus aanbied? Die kursus is geoogmerk vir paartjies wat in die afgelope jaar getrou het – of wat in die afgelope jaar gaan trou.

Dit is ‘n kursus van hoogstaande gehalte. Vir meer inligting, besoek ons webtuiste deur op die skakel te klik.

7.) Boelies is oral


Leave a Reply

Soek ‘n sleutelwoord:

Klik om na preke te luister

Ons kan jou help om deur jou Bybel te lees in net 3 jaar. Klik hier vir meer inligting.

Waar kan ek dien?

Om te dien is een van die heel beste maniere om geestelik te groei. Klik hier vir 'n lys van plekke waar jy jou voorskoot kan aantrek.

Hoe word ek deel van ‘n omgeegroep?

Daar is min dinge wat jou verhouding met die Here so goed kan doen, soos om aan 'n omgeegroep te behoort. Vind uit hoe jy dit kan doen!

‘n Nuwe Reeks!

God vertrou my!May 7th, 2017
Die groot dag het aangebreek

Kerkkantoor

0137511644
Maandae - Donderdae: 08:00-13:00
Vrydae: 08:00-12:30
Sondae na afloop van die oggenddiens

Kaart na ons gemeentesentrum

%d bloggers like this: