Hoe gaan dit (regtig) met jou?

Liewe Witrivierder

Ek hoop jy hou nog kop bo water? Dit is die vreemdste en mees uitdagendste tye waarin ons leef.

Ek deel binnekort met jou die dinge wat die gemeente alles in hierdie tyd al gedoen en vermag het. Die Here is waarlik goed vir ons!

Die doel van hierdie briefie is egter om te hoor hoe dit met jou gaan? Sal jy asseblief so gaaf wees om vir ons te laat weet? Klik asseblief op die onderstaande knoppie, en vul net gou ‘n paar vragies in. Dit sal jou minder as 5 minute neem.

Jou antwoorde sal 100% anoniem by ons registreer. Jy hoef dus nie skaam te voel om vir ons te sê hoe jy regtig voel nie.

KLIK HIER OM JOU ANTWOORD TE DEEL

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *