Gebedsbrief 15 Mrt

Johan du Plessis (oud-lidmaat) wat in die week vir ‘n hartsonar gegaan het, hy het ook ‘n onsuksesvolle hartskok ontvang, ons bid vir die spesialiste wat besluite moet maak en vir Johan vir geduld en vrede in sy herstelproses. “Here, raak hom, sy hart en gedagtes aan en genees hom asb. Amen.”

Altus en Griet sê dankie… “dankie, Here dat U ons gedra het met die afsterwe van Altus se Ma. Dankie ook vir ‘n groeigeleentheid. Dankie ook vir julle almal se gebede…”

U Tannie Bokkie Geldenhuys (Rustig Ouetehuis) is opgeneem in hoësorg in Mediclinic vir haar longe, ons bid vir spoedige beterskap en dat die Here tannie Bokkie sal aanraak en versterk na liggaam en gees, sy is onder sterk verdowing gesit a.g.v. ribbe wat sy gebreek het van die erge gehoes.

Nel Claassens laat weet uit Addis: Na ‘n stadige begin, vlot die konsultasie. Ons vra vir gebed, een van die Halaba vertalers het probleme tuis, waar sy familie en huis in gevaar mag wees, dis baie ontstellend vir hulle as familie asook vir ons as span. Mag die Here hier Sy guns en uitkoms gee en hierdie kind wat vir Hom werk deur vertaling bystaan en beskerm.

Ons bid vir Fred en Paula wat Brasilië toe is, mag hulle beleef hoe die Here hulle lei en versterk en beskerm in hierdie besonderse werk wat hulle by die YWAM-basisse doen. Ons bid vir al die vergaderings wat hulle bywoon en ‘n goeie reistyd saam.

Ons bid vir Spencer-hulle in veral vir Reuben en die papier-oorlog van die visum aansoeke is. Hy WhatsApp: Dis amper ‘n maand dat ek  nou die leraar hier in die gemeente is! Toe ek dit besef was die “realiteit” ‘n bom en het ek so bietjie paniekerig gevoel maar ook besef dat Jesus my na hierdie tyd en plek geroep het. Hierdie gedagte en waarheid maak al die verskil in die wêreld! Dit beteken ook natuurlik dat ek nou elke week preek! Karen is ‘n wonderlike bron van positiwiteit en behartig die hele Sondagskool asook vroue Bybelstudie op hierdie stadium alleen! Is daar nie dalk iemand daar wie haar hier kan kom help nie? (Haha!) Ons visum en werkspermitte verval die einde van die maand. Omdat ek op ’n “Religious Worker Visa” is en die vernuwe daarvan baie gekompliseerd is moes ons ’n “Immigration Lawyer” kry om met die hele proses te help (hy doen ook  Karen en die seuns se papierwerk). Ons moes weer van voor af woes papierwerk en vorms invul. Dit het soms gevoel of dit nie wou end kry nie! Bid saam met ons asseblief vir ’n goeie uitkoms in dit alles!

 Reuben het een of ander infeksie in sy keel gekry en dit het sy stembande aangetas en hy kan al vir ’n hele maand nie sing nie. Hy speel die hoofrol van hulle skool se “musical” (The Greatest Showman on Earth) en moet oor ’n maand optree. Sal julle asseblief saam met ons bid vir volkome genesing? So baie dankie vir al julle liefde en omgee. Julle “hier-wees” saam met ons maak al die         verskil in die wêreld!!!

U Ons bid vir die geliefdes van Spurgeon van Wyk, wat Dinsdagaand oorlede is, nadat hy ‘n hartoperasie moes ondergaan maar verswakte niere het veroorsaak dat hy in intensief opgeneem moes word. Mag die Here hulle elkeen en in besonder vir Erika vashou en troos in hierdie hartseer tyd.

U Ons bid vir Hester Steenkamp (sy het verlede jaar na haar dogter in Margate getrek), het laas week geval en haar heup gebreek, sy is nog in die hospitaal maar dit gaan goed met haar. Ons bid vir haar genesingsproses, veral omdat sy verlede jaar ‘n baie uitdagende jaar agter die rug het met ‘n gebreekte voet ook en die verhuising.

U Die Appelgrein-gesin is in rou gedompel nadat Dries in die week oorlede is. Ons bid vir Janet en haar geliefdes vir God se troos in hierdie hartseer tyd.

U Ons bid vir Jannie wat ‘n Mediclinic opgeneem is a.g.v. ‘n ligte beroerte. Mag die Here hom aanraak en volkome genees en mag Hy vir Dominique en klein Jandries vashou in hierdie onseker tyd.

Nuus van Belinda, haar prokureur het die eienaar van die huis laat weet dat tensy die registrasie van transport van die onroerende eiendom afgehandel is voor of op 31 Maart, sal daar opdrag gegee word om voort te gaan met die aksie in die Hooggeregshof. Mag die Here hier Sy guns en uitkoms gee wat Belinda se vrede en rus sal terugbring.

Courtney Hendricks laat weet Woensdag “Today on my birthday I thank God for the opportunity to travel to the nation of Burundi again, we are doing the second week of the Walking with wounded children course, Please cover Ritte, Ina and myself in your prayers. Have a blessed evening.”

U Lydia Möller het laat weet dat die dokter tevrede is met haar genesing en dat sy nou vir 3 maande op “light duty” is maar nie op die been mag trap nie. Ons bid vir haar vir geduld en spoedige genesing.

U Ons bid vir die Neuhoff gesin, wat “siek-mangel”-uitdagings het. Klein Christo se mangels is in die week uitgehaal en mamma Martie s’n word begin April uitgehaal. Ons bid vir die hersteltyd en veral vir Mamma, want “grootmense mangels uithaal” is nie ‘n grap nie, ook vir Christoff wat moet pa-staan en almal bystaan terwyl hy steeds self baie ysters in die vuur het.

Logan skryf: “Bid vir Ouma Elmien in die hospitaal”

Kyle skryf: “Liewe Gob U is my Hero.”

Ons bid vir ons Sondagskoolkamp vir Gr.1-3 en Gr.4-6 wat die naweek op Ella Combrink Kampterrein was, ons bid vir elke kind wat dit bygewoon het, vir elke personeellid, dat die Here Sy werk kon doen en dat Sy wil sal geskied in hierdie kinders se lewens, dat hulle vir Hom sal kies oor-en-oor, regdeur hul lewens en dat God verheerlik sal word in en deur ons kinders se lewens. Mag Hy ons toerus en gebruik om vir hulle Sy onvoorwaardelike liefde te wys hoe en waar ons kan.

Ons bid vir die Karnaval reëlings en span wat alles in gereedheid bring. Dat elke klein detail in plek sal val. Mag ons as gemeente en gemeenskap saam lag, kuier en ons lig laat skyn in die wêreld.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *