Gebedsbrief 8 Mrt

Nel Claassen vra gebed, sy laat weet: Ek is op pad Addis toe, ek gaan met twee spanne werk aan Levitikus se vertaling, ek sal jul gebede waardeer. Ons dank God vir hierdie geleentheid om Sy Woord verder te deel deur Bybelvertaling en ons bid dat God se Gees sal lei en suiwer sal werk deur hierdie kinders van Hom.

Frik Botha het die afgelope week ʼn rugoperasie in Mediclinic ondergaan. Sorina laat weet dat dit goed gaan met hom. “Here, hou Frik styf vas en oorlaai hom met geduld en guns in die herstel tydperk. Mag hy en Sorina U nabyheid ervaar in hierdie tyd.”

A Christian & Kyle skryf elkeen in hul kinder handskriffie ʼn briefie. “Liewe God help my ouma Ruth beter word aseblief en ook gou ♥.” “God seblief lat my ouma Ruth beter foel.” Ons tree saam met hulle in en vra dat God hulle hart en smeking hoor vir ouma Ruth.

A Nog ʼn kinderbriefie, Elané (8 jaar) vra “Ek wil vandag vir my ouma bid want sy voel nie lekker nie. Asb kan ons vir haar bid.” Here, oumas is kosbaar vir hul kleinkinders, hoor hul gebede. Dankie vir die voorreg vir grootouers om so ʼn naby verhouding met hul kleinkinders te hê. Seën die generasies.

U Ook ʼn ouer kom tree in vir sy/haar kind. “Bid asb vir my kind. Hy is in ʼn put en kry baie swaar. Bid asb vir kalmte, VREDE en LIG. Dat hy tog vreugde sal vind.” Dit is sommer ook ons gebed vir alle mense wat vandag swaarmoedig voel, mag hul elkeen hul lig by U lig aansteek, dankie Here.

U Ons dank God vir ‘n suksesvolle, baie hoë risiko breinoperasie wat laas weekgebeur het en bid steeds vir die Mamma in ons gemeente, wat baie goed reageer en aansterk na die operasie. Ons bid vir haar fisiese en geestelike versterking maar ook vir haar man en kinders wat haar lief het en bystaan.

U Dankie Here dat U die waarmaker van gebede is, Sondag was iemand in die erediens wat saam met hierdie skrywer gekom het. Stap U asb die pad verder saam met ons kuiergas.

Ons bid vir Doné Strydom (van Oesterbaai) en haar span wat deel is van die   Global Challenge Expedition. Hulle dank God vir hulle Schengen Visa’s, wat hulle almal gekry het, sonder probleme asook vir die fondse wat hulle kon insamel om laas naweek se “Kingdom Come” konferensie te kon bywoon. Sy WhatsApp: “Wow, what an amazing experience it was! I especially loved the worship sessions and if you ever want to have a new favourite worship song, go listen to GOD OF REVIVAL (Bethel Music). We are all soooo very excited for our route this year! On the 6th March we’re flying off to Sao Paulo, Brazil! It is such a privilege to be able to serve there especially because of the revival that is happening is Brazil. Please pray with us that God will continue to stretch our capacity to learn more about His will each day and that we will have sensitivity to hear His voice wherever we are.”

Ons sê dankie saam met Jan Bodenstein en sy geliefdes dat die reuse operasie van sy broer (Cois) geslaagd was en ons bid vir herstel sonder komplikasies en vir al die aanpassings wat gemaak moet word en wat voorlê.

Ons bly bid vir Belinda en haar situasie met die huis, sy het geWhatsApp: daar is ’n “beste moontlike” oplossing vir die huis, wat ’n groot finansiële implikasie het, maar dit skakel lang, uitgerekte hofsake en ander sake uit. Sy is vol moed, maar haar stem bewe as sy sê sonder Alfred is hierdie nie lekker nie. Bernard se studiegelde by Tuks is ook ʼn uitgawe vir haar rekening. Sy vertrou die Here vir die geld. “Here, ons vorm ’n laer rondom Belinda, voorsien asb. in elke klein  detail, rand en sent, dat die saak einde kan kry en sy in vreugde verder kan woon. Gaan in die besonder met die seuns en hul gesin se verlange na Alfred. Dankie dat U hul vashou. Amen”

U Na die nuus (regs) bid ons vir besigheidspersone van ons            gemeente, dorp en land. Elkeen het ons gebede baie nodig. Sover was dit nie ‘n maklike tyd nie. Bid vir elke onderneming en ook vir ons regering. Ons weet dat God ons ook deur hierdie een sal lei. Aan Hom al die eer! 

U Amber Pretorius (4 maande) is haar ouers se eersteling. Sy is ʼn vrolike baba, maar net vir ʼn kort rukkie, dan is sy moeg. Amber het ‘m 8mm gat in haar hartjie. Sy is tans is Sandton Clinic om sterker te word, om eersdaags ʼn ope hart-operasie te ondergaan. “Here, hierdie gesin en groter familie (Hannes Raath, se suster se kleindogter) is geskok met hierdie nuus, stap U saam met hulle hierdie pad van verwerking, hoop en genesing. Ons hou saam met hulle aan U vas.”

Facebook nuus van mamma Jessica oor Stiaan Cilliers – Dag 15 in Sunninghill hospitaal: Boeta het gister ‘n nuwe “central line” gekry, die ander ene het verseker infeksie in gehad. Ons wag nogsteeds vir die uitslae vd fungus tipe. Stiaan se EEG lyk baie beter as sy vorige EEG en die epilepsie lyk of dit nou mooi onder beheer is. Hy’t gisteraand geslaap sonder enige verdowing, wat baie goed is. Ons is so bly sy breintjie begin “settle”. Ons het ook opgetel dat Stiaan verseker ‘n outo-immuun siekte het. Sy “natural killing cells” moet so 72 wees, Stiaan s’n is 2. Die ander telling moet 470 wees, Stiaan s’n is 110 – wat regtig baie laag is – gevaarlik laag. So ons moet ‘n spesialis gaan sien om te hoor oor behandeling. Verder lyk hy vir my baie beter. Ons wil regtig nou net huis toe, maar ons moet wag tot hy reg is. Baie dankie vir almal se gebede en liefde.

Dankie Here vir Rina Raath se 2 oog-operasies die afgelope weke. Sy getuig met dankbaarheid dat sy kleur en tekstuur so intens kan beleef. Ons juig saam met haar.

Ons dank Vader vir ‘n heerlike erediens laas Sondag saam met ds. Jaco Strydom. Jaco het Dinsdag weer ʼn prosedure ondergaan nadat hy ʼn niersteen-operasie gehad het die vorige week. Hy laat weet: “Thx nou net uit operasie saal, behoort nou beter te gaan.” © Ons dank Hom vir die voorreg om in geloof te kan gee vir ons Sendelinge en ons bid dat God ons bo verwagting sal seën sodat ons ons beloftes kan hou, maar ook hierdeur in geloof kan groei. Ons dank God ook vir ons nuwe Sendeling: Courtney Hendricks, wat in Anton van Wyk, wat laat weet het dat hy nou voltyds skool hou, se plek ons begroting kon vol maak. Courtney is geruime tyd by Petra Instituut betrokke en sy roeping het geskuif na Zambië. Hy het ʼn span van Zambië saamgebring na die kursus by Petra (sien foto regs). Welkom by ons Sendeling-familie, Courtney! Ons dra en      ondersteun mekaar graag in gebed, maar ook in praktiese sake. Mag jy beleef hoe God jou deur ons gemeente seën en dat jy waardeer word!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *