Gebedsbrief 1 Mrt

Janus prys die Heer: “Dankie dat ons nog die voorreg het om in ons mooi land te woon, Here. Dankie dat U so ongelooflik goed vir my en Tanya is. Amen!”

Dankie, Here vir die heerlike reën. Stuur U asseblief hierdie seën regoor ons land, waar dit nog so nodig is. Amen.

Rossouw en Jonny skryf albei in hulle gebedsbriefies: “Dankie vir my Ma en Pa… en Rossouw voeg by: Dankie dat God ons beskerm!”

Ons het die mooiste foto’s (soos regs) van Sherise en Christiaan gekry, vir wie ons regdeur haar tweeling swangerskap, waarvan die 1 getermineer is, gebid het. Sy WhatsApp daarmee saam: Ons poppie is reeds 5 weke oud, Katja weeg reeds 3.3 kg… Ons het vir hierdie lyfie gebid en God was getrou… Hy het vir ons die perfekte dogtertjie gegee… genade op genade. Ons is so dankbaar vir haar, sy is so ’n engeltjie. Ons weet ons kon nie hierdie pad alleen gestap het nie, met elke terugslag, slegte nuus, elke stukkie van die pad was ons gebeds-army daar. Ons is so dankbaar vir julle, trane vloei as ek net dink hoe bevoorreg ons was en is. Hy het ons gedra, dag na dag vir 8 maande lank en Hy was vir ons so goed… elke tree. Sy handewerk is groot en ons weet Katja het ook ‘n doel op hierdie aarde, sy moet haar en sussie Alissa, wat by Jesus se voete dans, se skoene volstaan en ons glo sy gaan berge versit. Met haar rein hartjie weet ons sy gaan groot werk vir Hom doen. Ons gaan verstom staan! Dankie vir elkeen se liefde en omgee hart. Baie liefde Christiaan, Sherise, Kristin, Marnu en Katja.

U Ons bid vir klein Stiaan Cilliers (foto links), wat reeds heel week in Mediclinic Sunninghill se ICU opgeneem is, nadat hy erge epileptiese aanvalle begin kry het en hul hom later moes sedeer om sy brein te laat “afskakel”. Ma Jessica en Pa Christo is moedeloos na al die stres en gewag vir ‘n diagnose. Stiaan is nie-verbaal en dit is vir hom baie moeilik om te verstaan wat aangaan. Ons bid dat God vir Pappa, Mamma en Stiaan Sy vrede sal gee en hom na ligaam en gees sal aanraak en genees.

U Ons dank ons Groot Geneesheer, God dat Sean Adlem Woensdag hierdie klok in Alberton kon lui, wat die viering van sy laaste chemo-sessie begin het. Ons dank God dat die Adlem-gesin regdeur die diagnose, operasies, chemoterapie en die dae-tussen-in God se guns en genade kon beleef en ons bid vir hierdie tyd wat Sean nou ingaan van nuwe roetines maar ook vrees en twyfel en onsekerheid oor ‘n onbekende siekte wat ons glo oorwin is en nooit weer sal terugkeer. Mag God Sean se gr. 7 jaar seën en mag hy nou fisies voluit verder leef in geloof dat die kanker weg is en nie weer sal terugkeer nie.

                “Your treatment is over hooray hooray.

            Time for you to recover and play.

            You’ve earned the right to ring the bell.

            Netcare Clinton hospital wishes you well.

            So ring the bell three times loudly,

            Your day has come to ring it proudly.

            And tell the world your treatment is done.

            And here’s to lots of happy days to come.”

Ons het in die week ‘n WhatsApp van Wim van Aardt se dogter ontvang: More almal! Pappa word vandag ontslaan en word oorgeskuif na ‘n Frail Care sentrum, so 10min. se ry van my huis af. Sy infeksietelling is weer normaal en hy lyk oor die algemeen goed. Hy beweeg tussen bed en stoel met hulp. Hy het steeds ’n kateter, omdat hy nie tans sterk genoeg is vir die regstellende operasie nie. Ons bid vir Wim in sy hersteltyd, dat die Here hom sal dra en geduld gee vir die herstelproses, maar ook dat Hy hom sal aanraak en wonderbaarlik sal genees.

U Jan Bodenstein se broer, Cois het in die week ’n lang en komplekse operasie ondergaan. Ons glo dat die operasie ’n sukses was en bid God se guns en genade op Cois se herstel.

U Rina Raath, wat ’n oogoperasie laas week ondergaan het, en die ander oog word Maandag opereer. Ons glo dat sy vinnig en volkome sal herstel en is dankbaar en opgewonde saam haar vir haar 20/20 visie wat sy sê sy ook nou het!

Ons dank die Here dat ZP so goed lyk na sy hartomleiding. Pa André Griebenow en al sy geliefdes is dankbaar teenoor ons Vader in die hemel wat ZP gedra het tot hier. Ons vertrou Hom verder vir volkome genesing. “Dankie Jesus! U is so goed!”

U Ons bid saam elke besigheidsman en –vrou vir ons land en die ekonomie. Ons bid vir ons regering en die leiers in elke sektor. Ons gebed is dat hulle God sal ken en herken in elke besluit en daad. Dat Sy wil sal geskied in die bestuur van ons land en dat ons ekonomie sal groei op eerbare wyses.

U Ons harte gaan uit en ons gebede gaan op vir Belinda Paetzold, wat in die week hierdie versugting op haar Facebook gedeel het. Ons gebed is dat God die deure sal oopmaak en bo verwagting sal voorsien in hierdie kind, wat volkome op Hom vertrou se lewe en spesifiek hierdie doring in haar vlees en dae. Mag Hy sorg in detail en tog gou vir Belinda uitkoms gee. U Tannie Elbie Viljoen het die afgelope week ʼn skouer-operasie ondergaan. Ons vertrou dat dit goed gegaan het en dat die herstel tydperk sonder groot uitdagings is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *