Sendelingnuus 2 Feb

Spencer en Karen Van Der Walt skryf

Ek (Spencer), as deel van my nuwe rol as Pastoor, moet ‘n konferensie in Steinbach, Manitoba bywoon (amper 1 000km ver). Ek ry saam met al die leiers van die Ebeezer Baptist Church in ‘n bus. Karen behartig alles by die Kerk Sondag en Reuben lei die lofprysing. Daar is ‘n diepe, groot verwagting dat Jesus groot dinge in ons en ons gemeente se lewens gaan doen. Julle gebede sal so opreg waardeer word! So baie dankie vir julle liefde vir ons en die bediening hier!

Terugvoer, hierdie week ontvang… Dit het baie goed gegaan met Karen se Boodskap wat sy gedeel het Sondag by The House for all Nations! Reuben het uitstekend gedoen met die leiding van die voorsang “worship”.  Ons is almal veilig terug vanaf Steinbach in Manitoba waar die Here diep met ons almal gesels het! Ons hoof gemeente (Ebenezer Baptist Church) is tradisioneel baie konserwatief. Hierdie vernuwings naweek het so baie dinge “losgemaak” in die Gees en ek glo met my hele hart dat die Leiers dit sal kan oordra in ons Gemeente en dat ons op die drumpel staan van ‘n werklike herlewing! Ons is baie opgewonde om te sien hoe die Heilige Gees mense se harte weer terug sal draai om ‘n diepe, lewendige verhouding met Jesus te kan hê!  So baie dankie vir julle liefde en gebede!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *