Sendelingnuus 2 Feb

Danie en Esther skryf…

Danie stuur vir ons die foto’s op WhatsApp van sy kar VOL bokse, hy tik: Krismis kom, al is dit ‘n bietjie later. Vandag 300 en môre 400 geskenk-skoenbokse. Ek was ook by ‘n Albanese skool een oggend en ek het ‘n kans gehad om te vertel aan nie-gelowiges: hoekom ons die skoenbokse uitdeel.

Ek het nog nie genoem dat ons naby ‘n Moskee laas Vrydag die geskenke uitgegee het nie, daar was omtrent konsternasie. Die ouer mense was baie kwaad dat Christene vir hulle kinders kom goed gee en dan nog oor Jesus praat. Ons moes ophou om rede daar te veel spanning was. Die mans was baaaaaaie ontsteld, ons gee vir hulle kinders goed wat besmet is met virusse en kieme en wil hulle siek maak, hulle het ons daar weggejaag. Ten spyte van wat hulle gesê het, het daar omtrent 380 kinders bokse ontvang met literatuur in Albanees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *