© Alle regte voorbehou. Ontwikkel deur Itumelele.
Ons privaatheidsbeleid beoog om lidmate gerus te stel dat ons in alle opsigte poog om aan tersaaklike regulasies en bepalings van die “Protection of Personal Information, Act No 4 of 2013” (hierna genoem POPI), en ander verwante wetgewing te voldoen.
Hierdie Privaatheidsbeleid beskryf die tipe persoonlike inligting wat ons versamel, die doel waarvoor ons sulke persoonlike inligting gebruik, die omstandighede waaronder ons sulke persoonlike inligting mag deel asook stappe wat ons neem om die privaatheid van ons lidmate en hul persoonlike inligting te verseker.
Ons kontakbesonderhede en Inligtingsbeampte verantwoordelik vir die bestuur van persoonlike inligting is:
Die Bestuurder: bestuur@ngwitrivier.co.za 013 751 1644 / 083 349 6588
Ned. Geref. Gemeente Van Witrivier, 5 Chief Mngyieni Khumalo Rd,Posbus 151 Witrivier1240
Oor die algemeen versamel ons persoonlike inligting van lidmate soos (nie beperk tot); naam en adres, kontak besonderhede, beroepe, Identiteitsnommers, geboortedatums, eposadresse en bank besonderhde (in die geval waar lidmate gebruik maak van ‘n debietorder vir die gee van dankoffers).
Ons gebruik hierdie persoonlike inligting om ons lidmaatregisters by te hou asook om aan die NG Kerk in breër verband (Sinode en Algemene Sinode) se behoefte om lidmaat besonderhede en doop registers by te hou. Hierdie gegewens word ook gebruik vir argivering.
Ons versamel ook persoonlike inlgiting van kinders onder die ouderdom van 18 jaar mét die toestemming van hul ouers. Hierdie inligting hou meestal verband met die byhou van doopregisters.
Dit gebeur dat ons persoonlike inligting verkry deur verwysings van ander, deur elektroniese middele soos (nie beperk tot) epos, webwerf vorms en mobiele toepassing.
Ons webwerf maak ook gebruik van koekies. Koekies (“cookies”) is ‘n alfa-numeriese identifisering van besoekers op ons webwerf. Hierdie unieke identifisering (“GUID”) bevat inligting van jou webblaaier, jou IP adres en ander tersaaklike inligting wat betrekking het op Internet aktiwiteit. Wanneer ons hierdie inligting versamel is dit slegs vir die bepaling van die toepaslikheid van ons webwerf navigasie en doelmatige ontwikkeling van ons webwerf. Wanneer ons webwerf besoek word, is daar ‘n opsie om die gebuik van koekies te aanvaar of verwerp. Koekies kan ook deur gebruikers in hulle webblaaiers afgeskakel word.
Tensy anders vermeld word in hierdie beleid, word persoonlike inligting nie uitgegee nie behalwe wanneer dit wetlik van ons vereis word.
Ons sal slegs persoonlike inligting deel wanneer ons oortuig is dat dit wetlik geregverdig of vereis word en wanneer dit die veiligheid en regte van individue beskerm. Ons sal geen persoonlike inligting verkoop of deel met ander vir bemarking doeleindes nie.
Indien persoonlike inligting wel aan ander uitgegee word, soos uitgeengesit in hierdie beleid, sal lidmate daarvan in kennis gestel word om sodoende die geleentheid gebied te word om te versoek dat dit nié uitgedeel moet word nie.
Ons stoor persoonlike inligting op rekenaars en in leêrs in die geval waar vorms ingevul is. Hierdie persoonlike inligting word in ‘n kluis bewaar. Waar inligting op rekenaars en databasisse versamel word, kan dit slegs gelees word deur gemagtigde persone. Alle rekenaars het wagwoorde om sodoende ongemagtigde toegang daartoe te verhinder.
Deur die inwerkingstelling van hierdie beleid poog ons om aan alle wetlike vereistes te voldoen ten opsigte van die veilige bewaring en uitgawe van persoonlike inligting.
Jy kan te enige tyd ons kontak ten opsigte van jou persoonlike inligting:
Ons sal, uit die aard van die saak, seker maak dat ons jou identiteit bevestig het voordat ons enige veranderinge aan jou persoonlike inligting sal aanbring.
As jy enige vrae, opmerkings, bekommernisse het oor hoe ons met jou persoonlike inligting omgaan, is jy welkom om ons te kontak by die besonderhede wat ons vroeër in hierdie beleid gegee het.