Soos jy in die laaste tyd agtergekom het, almal is besig om bewus te raak van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting en hoe dit organisasies raak. Die kerk is natuurlik nie uitgesluit nie, wat beteken dat hierdie wet geweldige implikasies vir ons as gemeente het.
Hierdie is ʼn inligtingstuk wat opgestel is vir die NG Gemeente Witrivier met die oog op die inwerkingstelling van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Wet No. 4 van 2013, ook bekend as POPIA).