Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting

Subtitle: Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting
Excerpt: Die inwerkingstelling van hierdie wet het bepaalde implikasies vir ons as gemeente. Ons het jou toestemming nodig...

Soos jy in die laaste tyd agtergekom het, almal is besig om bewus te raak van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting en hoe dit organisasies raak.  Die kerk is natuurlik nie uitgesluit nie, wat beteken dat hierdie wet geweldige implikasies vir ons as gemeente het.

As jou inligting op ons databasis is, sal jy in die volgende paar weke 'n e-pos van ons kry waarin jy asseblief moet aandui of jy toestemming aan die gemeente verleen om jou persoonlike inlgting te mag stoor.  Uit die aard van die saak sal ons jou persoonlike inligting respekteer soos die wet van ons verwag en sal ons dit met verantwoordelikheid en slegs vir die doeleindes waarvoor ons dit benodig, aanwend. 

In ons skrywe neem ons 'n meer pro-aktiewe stap deur van jou te vra om te "reply" om daardeur jou toestemming te registreer.  Baie ander organisasies aanvaar as persone niks doen nie, dit as toestemming gereken sal word.  Omdat die gemeente met baie persoonlike inligting werk as gevolg van lidmaat- en doopregisters (wat deur die wet geklassifiseer word as spesiale inligting), het ons op 'n meer pro-aktiewe proses besluit.  Ons glo dit is die meer verantwoordelike weg en volgens 'n regskenner is dit ook die aanbevole manier.

Terselfdertyd gee hierdie pro-aktiewe proses aan jou 'n geleentheid om jou persoonlike inligting na te gaan en te verifieer wat ook 'n bepaling van die wet is.  Hierdie proses gee ook aan jou 'n geleentheid om ons te versoek om jou van ons e-pos adres te verwyder.

By voorbaat dankie aan almal wat alreeds gereageer het.  As jy enige verdere navrae hieroor het, moet asseblief nie huiwer om ons uitvoerende bestuurder, Thabo Pienaar te kontak nie.  Hy het ook 'n Inligtingstuk hieroor opgestel wat in die kerkkantoor beskikbaar is.  'n Verkorte weergawe is ook hier beskikbaar.  Sy kontak besonderhede is:

  • This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  • Tel: 013 751 1644

 



© Kopiereg voorbehou. NG Gemeente Witrivier.

Back to Top