Vlak 4: 27 Junie 2021

Subtitle: Vlak 4 Eredienste
Excerpt: Implikasies van Vlak 4 inperking

In die lig van die stygende Covid-19 gevalle tydens hierdie derde vlaag, het die kerkraad besluit om alle eredienste op te skort tot 25 Julie 2021.

Nadat die kerkraad reeds hierdie besluit geneem het, het die president ook die land op 'n Vlak 4 inperking geplaas wat beteken dat alle sosiale en religieuse byeenkomste ontoelaatbaar is.  Die regering sal oor 14 dae die toestand monitor en verdere aankondigings doen.  

Die kerkraad sal egter op die kerkraad se vergadering van 21 Julie ook besin of dit veilig is om weer eredienste te hou.  Ons sal lidmate op hoogte via die gemeense se kommunikasie kanale.

Meer navrae, stuur gerus aan ons 'n This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.



© Kopiereg voorbehou. NG Gemeente Witrivier.

Back to Top