Jun 21, 2020

Ds Jurgens

Ds Jurgens De Jager is getroud met Isabelle. Hulle het 3 kinders en is ook trotse grootouers. Ds Jurgens se seun, JZ, het in sy pa se voetspore gevolg en ook predikant geword. Ds Jurgens het 'n besonderse voëlkennis en het ook al menige Golfers op hulle neuse laat neerkyk. In die gemeente is Ds Jurgens onder andere verantwoordelik vir die omgeegroepe, en ook vir bedieninge wat omsien na die versorging van lidmate soos DivorceCare en Griefshare. Hy is 'n formidabele netwerker en het kontak met gemeentes regoor die land.

Jun 20, 2020

Ds Eddie

Ds Eddie Le Roux is getroud met Wanda. Hulle het 3 kinders en is ook deesdae trotse Oupa en Ouma van pragtige kleinkinders. Ds Eddie is 'n kranige atleet en baie vaardig met sy hande. In die gemeente is Ds Eddie onder andere verantwoordelik vir die Getuienisbediening met alles wat onder dit resorteer, asook die Jeugbediening. Sy musiektalent maak hom ook van onskatbare waarde vir die Lof-en-aanbiddingspan.

Jun 9, 2020

Uitvoerende Bestuurder

Thabu is die uitvoerende bestuurder en oorsigtelik verantwoordelik vir die werksaamhede van die kantoor. Hy het ook finansiële en statutêre verantwoordelikhede en werk verder baie nou saam met die leraarspan.

Jun 9, 2020

Ontvangs & Administrasie

Heleen is die persoon wat jou by ontvangs begroet. Sy help jou graag met lokaalbesprekings asook alle ander lidmaataangeleenthede soos doopnavrae en opdatering van jou inligting op ons databasis. Sy help jou ook met die skedulering van 'n afspraak by die predikante.

Jun 9, 2020

Kommunikasie & Getuienis

Antoinette is verantwoordelik vir alle kommunikasie wat uit die kantoor na die gemeente gaan. Sy sorg dat jy weet wat gebeur en dat jy deurentyd op hoogte is. Sy het ook verpligtinge van die Getuienisbediening, soos onder andere koördineringswerk vir die koskas en die versorging van ons sendelinge


© Kopiereg voorbehou. NG Gemeente Witrivier.

Back to Top